From Humble Beginnings to Empowering Change

Itumeleng Segona (32) grew up in Tladi, Soweto, and was raised by a single mother who worked tirelessly to provide for her and her siblings. Envisioning a successful future was hard, but Itumeleng’s relentless will to succeed instilled a deep sense of resilience in her.

After matriculating, Itumeleng enrolled in the computer training course at the Emdeni Skills Development Centre and graduated with a certificate in 2013. Determined to pursue her passion for teaching, Itumeleng, furthered her studies and earned a Bachelor of Education in Mathematics and a post-graduate degree in Science, Technology, Engineering and Mathematics (STEM) education. With her studies completed, she founded the South African Learner Support Organisation (SALSO) – a learner support organisation aimed at assisting youth in school and those who have finished school. Based in Lufhereng – Soweto, SALSO is dedicated to tackling learning barriers through various programmes that empower the youth in her community.

Itumeleng’s story is a testament to the power of resilience and community support. She has moved from humble beginnings to creating a legacy of empowerment. We want to thank each and every donor, staff member, and volunteer who played a part in Itumeleng’s success story. Her journey shows that your path to success begins with an opportunity, requires the first step, and depends on dedication and commitment. Embrace it and never look back.

Van ‘n nederige begin tot bemagtigende verandering

Itumeleng Segona (32) het in Tladi, Soweto, groot geword en is groot gemaak deur ‘n enkelma wat onvermoeid gewerk het om vir haar en haar broers en susters te voorsien. Dit was moeilik om ‘n suksesvolle toekoms voor te stel, maar Itumeleng se meedoënlose wil om te slaag het ‘n diep gevoel van veerkragtigheid by haar ingeboesem.

Nadat sy gematrikuleer het, het Itumeleng vir die rekenaaropleidingskursus by die Emdeni Vaardigheidsontwikkelingsentrum ingeskryf en in 2013 met ‘n sertifikaat gegradueer. Itumeleng, vasbeslote om haar passie vir onderrig na te streef, het haar studies voortgesit en ‘n Baccalaureusgraad in Opvoedkunde verwerf en het in Wiskunde gespesialiseer. Sy het ook ‘n nagraadse kwalifikasie verwerf in Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde (STEM) onderwys.

Met al die kwalifikasies onder die belt kon sy haar droom om eendag haar eie besigheid te begin bewaarheid.  Sy het die Suid-Afrikaanse Leerderondersteuningsorganisasie (SALSO) gestig – ‘n leerderondersteuningsorganisasie wat daarop gemik is om jeugdiges op skool en diegene wat reeds skoolopleiding voltooi het by te staan. Gebaseer in Lufhereng – Soweto, is SALSO programme daarop gemik om leerhindernisse aan te spreek en sodoende die jeug in die gemeenskap te bemagtig met ‘n vaardigheid.

Itumeleng se sukses het begin by ‘n donateur wat in haar geglo het en vir haar die geleentheid gegee het om haarself te bemagtig met ‘n vaardigheid. “Ek sal altyd dankbaar wees teenoor daardie persoon wat soveel jaar gelede in my geglo het en geld in my belê het”, Itumeleng. verhaal is ‘n bewys van die krag van veerkragtigheid en gemeenskapsondersteuning. Itumeleng was eens afhanklik van die hulp van AKB, maar sy het elke geleentheid aangegryp om uiteindelik ‘n sukses van haar lewe te maak en haar droom te bewaarheid. Haar storie is spesiaal omdat sy nie net gefokus het op haar eie suskese nie maar ook op die van die jeug in haar gemeenskap. Na soveel jare werk sy nou om die jeug in die gemeenskap te bemagtig. Ons wil elke donateur, personeellid en vrywilliger wat ‘n rol in Itumeleng se suksesverhaal gespeel het bedank. Daardie finansieele bydrae van jare gelede het nie net vir Itumeleng gehelp nie, maar dit help vandag nog vele van die jeug in haar gemeenskap.  Haar reis wys dat jou pad na sukses met ‘n geleentheid begin, ‘n eerste stap  en toewyding vereis. Omhels dit en moet nooit terug kyk nie.

Share This Page